Die Coronapandemie heers vandag. Die vertroosting het reeds 2000 jaar gelede gekom: Apokalips oor Jesus (Bestel vandag)
Beste mede-gelowige,
Ons sou graag saam met jou koffie in Starbucks wou drink en met jou gesels oor hierdie wonderlike boek vol boodskappe van hoop in ‘n toenemende donker en chaotiese wȇreld.
Ons sou jou graag in die oë wou kyk en jou wou bemoedig met die visioene van Jesus dat Hy gou weer kom.
Ons sou aan jou wou raak en jou wou troos dat God self jou trane sal afdroog. Ook leed, smart en pyn sal daar nie meer wees nie.”
Ons sou jou wou aanmoedig om te volhard in jou geloof te midde van ‘n land waarin dit soms lyk asof daar geen uitkoms is nie. En aan jou die belofte wou gee dat volharding
beloning bring.
Ons sou jou hand wou neem en vir jou wou bid dat jy genade en vrede te midde van die storms in jou lewe sal hȇ.
Daarom dat hierdie boek nie ‘n formele boek is met hoofstuk-indelings, inhoudsopgawe en verwysings nie. Hierdie is gesprekke wat ons met jou voer, al is die medium die geskrewe
taal. Die gesprekke sal ons neem na vreemde terreine met skouspelagtige beelde soos die draak, die vrou op die maan, paddas, sewe Geeste voor die troon, 144 000 mense, die
Leeu en die Lam, verskillende kleure perde, trompette, ‘n vrou op ‘n helderrooi dier, Armageddon, bodemlose onderaardse diepte Babilon en vele meer.
Maar altyd sal die gesprek terugkom na die hoofkarakter in hierdie kosmiese verhaal: Jesus Christus.
Apokalips oor Jesus is ‘n boek vol hoop en betekenis in ‘n stukkende wȇreld van onsekerheid, angs en pyn. Dit doen die naam Apokalips gestand. Dit lig die sluier om Jesus raak te sien ten spyte van hartseer, angs en bangmaakstories van diegene wat Openbaring wil verklaar as die rampspoedige einde van alles. Want dit is juis die teenoorgestelde:
Dit is die begin van alles, die begin van ‘n wonderwȇreld wat voor ons oë gaan afspeel. En dit bemoedig die gelowiges om hulle geloof te behou sodat hulle al die wonderlikhede wat wag kan ervaar. Kom ervaar saam met Henk en Annelize die vertroosting van Johannes aan ‘n stukkende wȇreld vanaf sy eerste lesers regdeur die eeue tot in 2020, die jaar van die globale Corona-pandemie en die tyd na 2020 totdat die Here Jesus kom.
Price: R240.00